Sixtynse kapel

Die oostekant van die kapel, met Die laaste oordeel deur Michelangelo.

Die Sixtynse kapel (Latyn: Sacellum Sixtinum; Italiaans: Cappella Sistina) is 'n kapel in die Apostoliese Paleis in die Vatikaanstad en die amptelike woning van die pous. Die kapel, wat eers as die Cappella Magna ("Groot Kapel") bekend was, is genoem na pous Sixtus IV, wat dit tussen 1473 en 1481 laat bou het. Dit is vandag die ligging van die pouslike konklaaf, waar die pous gekies word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne